I

stof tot denke

stof lieg nie, dit vertel van gisters
elke korreltjie soos die sand
aan ‘n uurglas onderwerpe
aan die continuum van moontlikhede
stof tot stof in elke stukkie
‘n ou siel wat gesels
‘n gister van blydkap of pyn
stof in jou herhinneringe
daar in jou siel, waar die spinnerakke roep
wag ek, dat jy my sal onthou

II

oseaan van onthou

stof vertel stories van gister
korreltjie vir korretjie
soos plankton in ‘n oseaan
‘n see van moontlikhede
gisters wat deur mens spoel
branders van onthou wat slaan
teen rotse van vergeet
wat dit verbrokkel met herhinneringe
daar in jou siel, waar gisters roep
hoor my, onthou my

III

atome van wees

atome vergaan nie
atoom vir atoom
soos klein planete in wentelbane
‘n uitspansel van wees
en jy is my son
en as jy skyn
gee jy lewe
en brand al my twyfel weg
daar in jou siel, waar die sonstrale begin
reik jy na my, jy onthou my

(C) 2013 – 2016 allen simpson

Deel 1 ‘Stof tot Denke’ was geskryf in 2013 en het voorheen hier verskyn

Advertisements