'N foto van my in my Jonger Dae by 'n Goth Aand
‘N foto van my in my Jonger Dae by ‘n Goth Aand

Mei 22 is Internasionale Goth Dag en baie mense verstaan nie die Goth ding nie, daarom gaan ek elke dag videos of artikels hier plaas tot en met Goth Dag om mense ‘n idee te gee oor goth. Mense wat my goed ken weet van my passie en liefe vir die goth subkultuur. Dit is deel van die rede hoekom ek swart dra en grimering aan sit. Dit is nie deel van my Godsdiens, politieke oortuigings nie, dit is deel van my leefwyse as kunstenaar en liefde vir die uitlweing van kuns.

Keith en ek by die Full Moon Club
Keith en ek by die Full Moon Club

Hier is ‘n artikel wat ek op my Blog geplaas het wat deur my beste vriend Keith van Zyl geskryf is oor goth. Gaan lees dit gerus – Goth: What it is and What it isn’t

Hier is een van my eie ‘rants’ oor goth. Lees dit gerus – Goth

Hier is ‘n artikel uit ‘n ander oogpunt, die van die pragtige gotiese dame Annari Nemo – Goth

Laastens, hier is ‘n video deur ‘n jong dame wat ek op YouTube gevind het. Kom ons sien wat die jonger geslag dink, goth is:

Daarsy nou het julle dit. Die opinie van twee mans, ek en Keith en twee dames, Annari en Snowy oor hulle siening van Goth.

Het julle enige vrae oor Goth as kuns subgenre? vra gerus ek sal met liefde antwoord.

Wolfie

Advertisements