Cullinan Begrafplaas
Cullinan Begrafplaas

Mense het Goths al gesien by begrafplase en gedink die Goths is besig met snaakse goed soos duiwel aanbiddery ensovoorts. Die snaakse ding is dat meeste Goths nie eers Satanisme is nie. EK het Goths al ontmoet wat Agnosties, Atheisties, Heidens, Buddhisties is en selfs ‘n hele klomp Christene, een is selfs ‘n dominee! Ander mense glo ons gaan om te vandaliseer in Begrafplase. Ek was al honderde kere saam met Goths in ‘n begrafplase en nog nooit het een van hulle iets daar gebreek of gesteel nie. Dit is onrespektabel. As ‘n Goth sien iemand breek iets of don iets onwelvoeglik in ‘n begrafplaas gaan jy of gedonner word of ons SAL jou aangee by die polisie. Ons glo 100% in wet en orde. Ons glo in vrede.

Belfast Begrafplaas
Belfast Begrafplaas

Hoekom hou ek persoonlik van begrafplase? Nommer een, Geskiedenis. EK is mal oor geskiedenis en elke persoon wat dood is het iets na die wêreld gebring, en iets vir iemand beteke. Elke lewe op hiere pragtige planeet van ons het iemand aangeraak en moet geeer word. Ek was by begrafplase van Konsentrasie kampe in Irene, Belfast, Lydenburg, en daar het ek deur die grafte geloop en gedink aan hoe my voorvaders gelei het in die oorlog. Ek het by elke graf gaan stilstaan en selfs gehuil by die van kinders. Begrafplase is stemme vir die wat voor ons geleef het. Hulle pyn, leiding, blydskap, hartseer en liefde.

Lydenburg
Lydenburg

Nommer Twee, die natuur. In begrafplase is die mooiste bome en gras. Die reuk van dennebome geur die lug en die zoem van bye en naaldekokers vul die lug. Jy voel Die Skepper se teenwoordigheid daar.

Nommer Drie, Stilte. Min mense gaan na begrafplase en daarom is dit ‘n lekker intieme privaat plek om stil in jouself te wees of met jou God (of Godin) te praat. Begrafplase is heilige plekke vir my. Dit is waar meeste van ons heengaan as ons sterf. Dit is deel van die sirkel van die lewe.

Persoonlik het ek nog altyd van begrafplase gehou. Vandat ek ‘n kind was. Soms was dit al plek waar ek Familie kon ontmoet want familie lede bly so ver van mekaar af dat mens sommiges amper net sien as iemand begrawe word. Vir my is Begrafplase ‘n simbool van familie en ou kennisse ook.

My ou band Disciples of Sorrow by die Helde Akker, Pretoria
My ou band Disciples of Sorrow by die Helde Akker, Pretoria

As jy ‘n Goth in ‘n begrafplaas sien, moet nie skrik nie. In my 43 jaar van lewe op die planeet het nog nie een Goth met wie ek vriende was horings gegroei of messe uitgepluk en mense probeer eet of vermoor nie. Ons gaan daar om fots te neem, die natuur te geniet en om repek te betoon. So as jy my daar sien, kom se hello, daar is ‘n 100% kans dat ek gaan terug groet en jou dalk gaan verras met ‘n geskiedenis les, of jou gaan vra om saam met my ‘n gebed te doen.

(c) 2016 allen simpson

Hier is ‘n video van nog ‘n Goth persoon se siening oor begrafplase. Geniet.