Iemand het op my blog gister gesê Goths lyk vir haar depro en sy het my geinspireer om ‘n paar videos te plaas met positiewe musiek en ‘happiness’ en goths wat alles behalwe depro lyk 😉 Nou moet haar nie gaan byt nie, die persoon het niks lelik bedoel nie. Kom ons wees ernstig. Meeste Goths hou daarvan om donker en misterieus te lyk en baie mense dink Swart is ‘n negatiewe kleur so in hulle brein gaan skakels af wat vir hulle sê:’Die Mense lyk sad” want dis hoe die media wil hê ons moet die kleur sien.

Julle sien, ek het in my oor die twintig jaar seker net twee goths ontmoet wat aan depressie lei or Depro is. 99% van die tyd lag ons en het pret saam. Ja elkeen het ‘n afdag maar ons musiek genre is nie vol mense wat elke dag ‘n afdag het nie. Mense wat so dink moet eerder Blues, Emo of Country gaan luister want sjoe daardie mense kan moan in hulle musiek. En vir die rekord ons lyk diep, deksels mooi en donker, nie depro nie. Het julle al gesien hoe lyk sommige rekenmeesters, belastingsamptenare en mense wat te veel na die Briels luister? Nou hulle lyk depro hehehehe

Hier is ‘n spesiale lys liedjies vir mense wat dink Goths lyk depro. Luister die liedjies en dans saam 🙂

  1. The Mission – Mister Pleasant

2. The Cure – Lovecats

3. The Cruxshadows – Winterborn

En laastens hier is ‘n video vol depro gesigte… niemand glimlag nie…. ek speel, kyk net hoe gelukkig is die mense

Advertisements