As kind het ek groot geword met stories van Racheltjie De Beer, Antjie Somers, Brolloks en Bittergal en Wolraad Woltemade. My ma en my sussie het my die stories vertel en dit het deel van my Afrikaner-hart geword en deel van my persoonlike kultuurkennis. Ek wonder hoeveel kinders van vandag ken Racheltjie De Beer se storie. Drie jaar gelede het ek ‘n gedig geskryf eendag, nadat ek ‘n reuse miershoop gesien het in ‘n veld. Ek wens ek het ‘n kamera gehad om dit vir julle te kon af neem. Hier is die gedig.

miershoop

in lasterlike koue
wat seer op seer die siel penetreer
wat anders kon jy doen?

liefde is soos ‘n miershoop van opoffering
waar jy jouself finaal kon gee
en veg met ‘n hart sonder keer
jou siel en susterwees kon deel
om vir ewig heldin te wees
Racheltjie De Beer

(C) 2013 allen simpson
Vir al die sussies wat opofferings maak, oral

Foto geneem te Voortrekker Monument deur Allen Wolfie Simpson en Hanneliese Bredell

Advertisements