Om Internasionale Goth Dag te vier wat op 22Mei 2016 op Sondag is, het ek besluit om ‘n paar liedjies op te dra aan drie spesiale bloggers wat gereeld hier kom kuier op my blog, en julle kry Goth liedjies opgedra aan julle.

Hier gaan ons

Dead Can Dance – The Host of the Seraphim

Ek dra die liedjie op aan Hanneliese van Hanneliesebredell-7’s Blog. In die video dans die model en buik danseres Mahafsoun op the liedjie The Host of The Seraphim  van Dead Can Dance.

Elusive – I Feel You

Vir C van Net Ek dra ek die Depeche Mode cover I Feel You van Depeche Mode op want ek weet sy geniet Depeche Mode.

Wolfsheim – Touch

Vir Perdebytjie van Perdebytjie se Nes, dra ek ‘n Wolfsheim liedjie op, want sy is super awesome en ‘n fantastiese kunstenaar en persoon.

More gaan ek niks pos oor Goth Dag nie, want ek gaan iets interesant doen wat ek met julle Sondag op GOTH DAG gaan deel! EK gaan wel ‘n gedig deel so kyk uit vir dit!