soos om ‘n emmer sand uit te werp
op die ewige see
so nutteloos is dit om kwaad vir kwaad te gee
as jy jou ander wang draai en dit word ook beseer.
gee dan jou kennebak om dalk ‘n bose hart
weg te keer
en wees nie bang vir tweegatjakkalse wat jou op jou tabernakel wil byt,
in die regte lewe is daar altyd tyd
vir ‘n hart van goud om op te staan
en te veg vir vrede, vrede sal nooit vergaan.

(C) 2013 allen simpson
Geskribbel op ‘n sneesdoekie in ‘n kar

Advertisements