Gekruisig deur die swanesang ‘n bitter kwas
wat verf op ‘n doek van addervel
wat onskuldiges as duiwels teken
en haar ink is haar bitter spel

sy is ‘n laksman, ‘n swart swaan op ‘n bloedige swane meer
sy is ‘n plaagdokter, sy gee jou medisyne en dit vererger net die seer

Gemartel deur die gepeupel wat haar volg
hulle drink haar arseen
soos ‘n jim jones kultus golf
spoel haar golwe soos ‘n storm van steen

sy is ‘n laksman, ‘n swart swaan op ‘n bloedige swane meer
sy is ‘n plaagdokter, sy gee jou medisyne en dit vererger net die seer

sy gebruik heilige boeke om kwaad te kwoteer
en dink sy is ‘n profeet en sweer
dat sy rein is en haar prooi word ‘n azazel
in ‘n woestyn van oordeel en onweer

die swart swaan sing ‘n doodspsalm
vir die eentjies wat stap in ‘n ry
wat haar volg in ‘n lemming-waansin
en te laat krans afval, verdrink

want
sy is ‘n laksman, ‘n swart swaan op ‘n bloedige swane meer
sy is ‘n plaagdokter, sy gee jou medisyne en dit vererger net die seer

(c) 2016 allen simpson
geinspireer deur ‘n ware verhaal

Advertisements