Soos julle weet het ek die afgelope week vir julle vertel van Goth musiek en dat dit Sondag 22 Mei 2016 Internasionale Goth Dag is. Ek en die dierbare Hanneliese het, om Goth Dag te vier gaan rondloop by die Rebecca Straat Begrafplaas en fotos geneem. 

Rebecca Straat Begrafplaas, Pretoria-Wes

Hier is fotos van Rebecca Straat Begrafplaas en onder elke foto is ‘n aanhaling van iets wat my inspireer deur ‘n kunstenaar.

“On Satur(n)days we used to sleep all motionless and still …-While shrouded in an oppressive gloom we’re handed over to the dream. A sleep so dark, this “Moon by Day”, of powers strange and weird, through mystic veils her silver rays are glowing carefully. Woven of dewdrops and magical light, this gown that we’re wearing here is but a cloth of mist and we used to call it “The Breath of the Other Sphere”…”

uit On Satur(n)days We Used To Sleep deur Sopor Aeturnus

‘The air tastes just like you, it’s the smell of June
A sensory shock that jolts my spirit, I slowly swallow you
A spray of little droplets, a fragrance so refined
The spirit of nostalgia is passing me by’

Jasmine and Rose deur Clan of Xymox

‘So bury fear, for fate draws near
And hide the signs of pain
With noble acts, the bravest souls
Endure the heart’s remains
Discard regret, that in this debt
A better world is made
That children of a newer day might remember
And avoid our fate’

Winter Born deur The Cruxshadows

‘All our days are numbers
We bare the face of men
The rain, the skies are changing
But I will fly again’

 Straight to the light deur Fields of The Nephilim

Wag hier is nog ‘n paar fotos!

Ons was aangenaam verras deur ‘n vriendelinke inwoner van die Rebecca Straat Begrafplaas…
 Ons het seker vas geloop in vyf verskillende meerkatte wat deur die grafte geglip het. Dit was besonders aangenaam om die pragtige diere in die middel van ‘n begrafplaas in die middel van ‘n groot stad soos Pretoria te sien. Daar is altyd iets interresant in ‘n begrafplaas…

Magnolia Dal

 Na ons kuier by die pragtige begrafplaas het ons spontaan besluit om na Magnolia Dal in Hatfield te ry
Magnolia Dal was geklee in die pragtigste herf kleure. Geel blare het geweef met groen en rustige waters het gevloei in die stroom wat deur die park loop. Die park was vol mense en die lag en gesprekke van al die vriendelike mense was soos ‘n balsem teen die herfs koue. Mense het my gestop en gevra of hulle fotos van my kan neem en my vreeslik bedank.
Ek het ‘n plaar blare opgetel en vir Hanneliese gegee as persente, en hier is ‘n pragtige foto van haar waar sy die blare vir ons wys.
Magnolia Dal is nog steeds pragtig soos al die jare terug wat ek daar piekniek gehou het. Dit is vir almal wat daarheen gaan, swart of wit, ‘n heilige plek waar almal mekaar soos prinse en prinsesse behandel. Die atmosfeer is romanties en liefdevol en die kos by die restaurant is fantasties… Beste bees tong wat ek nog geeet het by ‘n restaurant.
Iewers deur die dag het ons by ‘n winkel gestop en die pragtige sambreel raak geloop. Ek wou dit koop maar die dame het gesê dis nie te koop nie… *sug* Ek kon darem ‘n paar fotos neem.
Dankie vir die reis deur die week waar ek julle meer geleer het oor Goth musiek en die leefstyl van Goths. Ek hoop julle het dit geniet.
(c) 2016 allen simpson
Alle fotos is geneem deur Allen Wolfie Simpson en Hanneliese Bredell.
Advertisements