Verreweg en net hier
Waar my siel rus vind
In die oomblikke waar ek
Nederig my oë toe maak
Is my woud
Dis my plek
Waar ek
Gaan ontspan
En in sy groen massas rus vind
My woud gevorm in my hart
Wat my tam en mat skouers
Ontlaai
Die plek is net in my hart

Visualiseer ‘n plek vir jou, die rivier van jou kinderdae, ‘n boom in ouma se tuin of wat ookal as jy moeg voel. Net jou ontsnap hoekie.
Iewers en net hier
Verreweg en net hier

(C)2013 allen simpson

Foto geneum deur Hanneliese Bredell te Rebecca Straat Begrafplaas

Advertisements