Verlange is soms ‘n babbelaar
wat om elke hoek ‘n woord te sê het
‘n simpel blom sê soms
diep in die eina-hart
‘onthou jy my….’
of ‘n reuk bring jou na ‘n tyd
van hande op jou,
‘n liefdes wangstreel
‘n kus wat ‘n oomblik verseël
Verlange, jou taal maak so seer
maar soms is jy ook die beste vriend
by my hart se deur…

(C)2013 allen simpson

Advertisements