EERSTE POSISIE: JUKSTAPOSISIE

Die soetgrim bitterheid wat kook
Roer die pot, roer die pot, ek rook
In my verslane hart
As jou laaste brief aan my, my stukkend spat

TWEEDE POSISIE: OKSIMORON

In my is ‘n netjiese wanorde
Van smart verloor in pyn
Die brief wat alles sê
Jy wil my nie meer hê

LAASTE POSISIE: DIE PARADOKS

Jou liefde het my styggend gebring tot ‘n val
‘N droë rivier, ‘n traannat wal
My gelos, net so alleen
Adieu, jou laaste woord, ‘n bitterseën

(C) 2013 allen simpson
Grote griet! Ek is bly dit het nog nooit met my gebeur nie. Die gedig was net ‘n ou oefening in drie style in digkuns wat saam een storie vertel. Die tema ‘SEER’ was nie my idee nie, dit was die tema wat aan my gegee is vir die oefening.

Advertisements