Daar is niks aakliger as om op ‘n Maandag oggend wakker te word met die verkeerde bed maatjie in die bed nie. Nou vra julle seker ‘Wolfie, het jy ‘n vrou ontmoet laasnag en is sy so verskriklik?’…

Nee, ek is nie so wild nie en die bed maatjie waarvan en nou praat is ‘n subtiele bliksem wat mens bekruip en al die energie uit ‘n mens tap. Dit gee nie om of jy ‘n deadline by die werk het nie en dit wil jou met ‘n mag bed to sleep. Dit wil jou vasser druk in die bed as daai arme man in die Stephen King boek ‘Misery’ waar die skrywer ‘n gyselaar van ‘n obsessiewe bewonderaar was. Dit is erger as ‘n stalker.

Die bliksem wat my bed toe wil dwing is griep. Julle almal ken griep. Dit diskrimineer nie, dit ontvoer man en vrou, kind en oumens na hulle eie bed, jy hoes, jy het pyn, jy bewe en jy voel asof jy wil dood gaan.

Hoe veg julle die evil diaboliese vyhand griep? Gee my ‘n paar tips.

Wolfie

(c) 2016 allen simpson

Advertisements