2He 100%

 

skadurank om my, my engel
want skadus kan nie verdwyn
omsingel-kronkel my met jou liefde
laat dit deur my skyn

maak oop die poorte van hoop, my engel
laat die saad van glo kan groei
veilig in jou arms, my strewe
is om in jou warmte te gloei

in die duister van die donker dae
waneer ek alleen verslae voel
wil ek jou net om my hê
en jou arms om my voel spoel

in koue dae, my liefste engel
laat jou rondinge vleg deur my
en die warmte van ons passie
ons na nuwe hoogtes lei

raak my aan soos ‘n ewige wens
neem my, streel my, sweef met my
daar waar min genot vind, my engel
net daar wil ek wees aan jou sy

skadurank om my, my liefste
laat ek dans in die geur van jou
omsingel-kronkel my met jou wese
want jy is die lewe in die gister, toekoms en nou

(c) 2016 allen simpson
Foto geneem deur my by Rebecca Straat Begrafplaas

Advertisements