In jou siel is ‘n skaal
Een bakkie het liefde
Een bakkie het hout van haat
Jy is die vuur
Laat jy liefde brand
Of brand jy die hout van haat
Waar die as nooit verdwyn
En die las swaar word en oorloop
En oorloop
Tot jou siel stink

Wat as liefde oorloop
Jou siel poets en blink
En die vensters van jou hart
Almal aanraak

Jou keuse

(C) 2013 allen simpson
Kies

Foto van die wensboom geneem te Nan Hua Buddhistiese Tempel in Bronkhorstspruit. Die foto is die kopiereg eiendom van Allen Simpson en Hanneliese Bredell

Advertisements