‘and therefore is winged cupid painted blind’ Shakespeare

Dag en nag breek brood
en skadus word skimme
in die donker nag
die uitspansel word groot
gevul met kolletjies
sterrelag

‘n nagvoël roep terloops
‘n hello na die maan
‘n droom verlore kom terug
na my in my warm bed vanaand

jy is weer hier
tussen my kussings
in die hitte van my bed
waar ek in ‘n ver land
weer oomblikke met jou het

ure word dae
in drome net van jou
en jy glip weer weg
in die oggenddou
en ek wag maar tot die aand
net in die onthou…

jy is net in drome
dit is waar jy leef
my middernag muse
wat stories vir my weef

(c) 2016 allen simpson

Advertisements