dolls-head-among-the-seaweed Hesterleynel

die wêreld is ‘n pophuis
pragtig geskape vir ons
berge groter as die toekoms
waar arende blinkvlerk vlieg
riviere soos spieëls, koeksistervleg
lui deur die vlagtes
waar bome in die geimsinnige oppervlaktes weerspiëel
en sien die prag en praal van ‘n koedoe op ‘n klip
‘n streepgeklede sebra wat rinnik, skewe lip
die wêreld is ons pophuis en ons fok dit op.

sien plasiek en papiere in die riviere nou so bleek
visse wat vrek van gifstowe wat dood sy-lê, gebreek
berge waar arende neslê sonder hulle blink-gevlerk
want die mens vermoor arends-kos of skiet hulle vir sport
sien die koedoe wat ‘n siek jagter vir lekker doodmaak
(ons maak mos daardeur geld)
sien hoe ‘n sebra in ‘n veldbrand wegsmelt…

die wêreld is ons pophuis ons kan dit mos breek
soos stout kinders wat ‘n sker in in Barbie pop in steek

iewers op ‘n strand, is ‘n plastiekpop kop weggegooi
asof ‘n stille profesie van hoe ons ons erfenis weg looi
gaan ons kinders ook soos plastiek poppe lê
(of soos afkop hoenders spartel)
omdat ons aanhou om die laaste lewe,

uit ons pragtige planeet
… sonder huiwer, martel…?

(c) 2016 Allen simpson
Foto ‘dolls head among the seaweed’ gebruik met permissie van Hester Ley Nel

Die gedig word opgedra aan Hester van die blog ‘Dis Ekke’ (https://hesterleynel.wordpress.com/)
Sy het die foto geneem en toe ek sê dis ‘n puik foto vir ‘n gedig het sy my toestemming gegee om dit te gebruik.

Dankie vir die geleentheid Hester. Ek hoop jy hou hiervan

Advertisements