Ek wens ek kon jou neem na donker plekke
waar sigeunerinne genadeloos dans
op die tanaka
beheer deur vioole
soetskimskadus dans teen die mure
en ek wil jou dan bedien
met liefdeskos
die krummels van jou wange afsoen
en in ‘n warrel van woordedanse
my siel aan jou verpand
in die skadus van jou aanraking
my verpletter teen jou
tot ek verrys soos ‘n gees
in die nag uit jou verrys.
Ons sal die nagsterre bewonder
en filosifeer terwyl ons salig
‘n sigaret deel
en in die woorde dans
sal ons harte ineenklop…

maar dis maar net ‘n wens
en die werlikheid bring
my terug…

Jy is net ‘n opblaas pop…

(c) 2012 allen simpson
hehehe ek het nie ‘n opblaas pop nie, maar dis lekker om te joke…

Geinspireer deur die 80s fliek Mannequin. Toe ek die prentjie sien moes ek net my gedig herplaas!