Ek het vir omtrent 36 jaar van my lewe my hare kort gedra. Toe het ek dit bietjie langer gedra. Na my my se dood het ek my hare nie weer laat sny nie, nie dat sy issues met my sou gehad het nie, maar omdat ek net gedink het ek wil iets anders doen.

Eendag keer ‘n tannie my voor en vra:”Jongman, hoekom dra jy jou hare lank?” Ek het ‘n oomblik gedink en vir haar geglimlag.

“Weet tannie, twee van my grootste rolmodelle, Jan van Riebeeck en Jesus het lang jare gehad. Ek weet oom Jan is ‘n biethie moeilik om in die hande te kry, maar as Tannie weer met Jesus praat, vra Jesus hoekom het hy lang hare gedra.” was my antwoord.

Die tannie het gegiggel en gesê:”Jongman, bly soos jy is, met jou lang hare is jy in goeie geselskap.”

Lang hare het ‘n stigma. Mense dink altyd snaakse goed oor mans met lang hare soos dat hulle ‘skeef’ is of verkeerde dinge doen. Ek is nie ‘n ‘skewe’ man nie, en glo my as ek was sou ek dit ook uitbassuin oor die hele wêreld want die lewe is te kort om jouself nie te aanvaar hoe jy is en om dit weg te steek. Ek het lang hare want ek het ‘n skeppie sigeuner, ‘n skeppie digter en ‘n skeppie self liefde in my. Ek is lief vir myself en ek hou van myself met lang hare.

Daar is baie nasies wat lang hare het onder mans. Baie native american mans (of indiane soos die res van die wêreld hulle noem, het lang hare, sekere Joodse subgelowe dra hulle hare lank. Onder die Shiks en Moslem gelowe is lang hare by mans ook iets wat in sekere sub geloofkulture ‘n vereiste is. In Asië word lang hare by mans beskou as tekens van jeug en aantreklikheid.

Lang lewe die lang haar man 😉

wolf groete

Wolfie

(c) 2016 allen simpson

Advertisements