Ken jy die stilte as dit soos ‘n stom vrou
jou omhels en nie los nie?
Ken jy die leemtes, die plekke van niks
wat in donker fluister?
Stille waters het diepe grond
maar soms is dit ‘n abyss
en net eggos kom terug
as die hart smeek vir ‘n antwoord.

soek en jy sal vind
soms in die woestyn
is die enigste antwoord…

die hol stem van die wind

(C) 2013 allen simpson