Blou koffie-gevoel
Sleep my saam
As ek skimsiellig
Loop agter die maskerade saam
Maar tog is daar oomblikke wanneer ek
Vry
My mensgewaad afpluk
En in woude rus kry

My vryheid is nie te koop nie
Menseras, jou blinde maskerade se prys is te hoog

Skimsiel vind ek rus
In die simpel klingel
Van ‘n hartslag
Die vonkeldans
Van kalm oog geluk
En die briesie
Van ware liefde
Wat my verfris
As die Heilhartiges
Om my siel waai
Soos die wind

(C) 2013 allen simpson

Advertisements