Sy dans met ‘n kwas op ‘n leë doek
dans beelde uit haar uit verbeeldingsdimensie
van Egiptiese vorse en ‘n feetjie
en diregeer soos ‘n dirigent
‘n orkes van kleur

en as sy in die veld loop
vang haar oog dalk ‘n dier in pyn
en luisslange, nagaap en krimpvark
versorg sy liefdevol en rein

sy het nie woorde nodig nie
mens sien die wêreld so mooi deur haar
haar hart boheems en rein gelyk
en ‘n donker siel wat lig skyn, so raar

en as sy dans, sien jy haar siel op doek drup
wanneer sy dans, dans die muses in haar kleure
en as sy dans, verloor die hemel ‘n essense, ‘n stuk

en nou is dit donker en my hart weet die tyd is swaar
my bede waai soos wierook na die regte plekke vir haar
en wat ookal die uitkoms is en of dit haar tyd is om weg te vaar
weet ek wat ookal gebeur hierna, waar sy gaan wees
gaan almal deel wees van haar dans

En as sy weg moet vaar, is sy nog by ons vir ewig
wat ookal gebeur hierna, waar sy gaan wees
gaan dit altyd deel wees van haar dans

(c) 2016 allen simpson
Vir Ilouise…

Die gedig word op gedra aan ‘n dierbare vriendin Ilouise. Die foto van ons is geneem deur haar skoonsus, Hanneliese Bredell. Die feetjie in die foto is een wat sy geskilder het, wat ek ook noem in my gedig.

Advertisements