iemand sit en huil, alleen
iemand droom nie meer
iemand sit in ‘n hoek en ween
agter die masker is selfs die nar stil
so bitter stil

Leemte is jy
niemand sien jou raak
as die masker net wil kraak
wys jou gesig vir my

jy loop deur die lewe
in ‘n doolhof van spieëls
Jou oë lieg net vir jou
so stil, so koud en kil

iemand sit en huil, alleen
iemand droom nie meer
iemand sit in ‘n hoek en ween
agter die masker is selfs die nar stil
so bitter stil

jy…

(C) 2013 allen simpson

Prentjie van http://www.brasilpiso3d.com.br/

Advertisements