Hello wolfshadowwhispers lesers. Ek was lekker skaars die afgelope week ne? EK was besig om reg te maak vir my nuwe Pelgrmstog (Julle noem dit vakansie) met Hanneliese en moes artikels vir my werk skryf en ook gedigte. Ons vakansie begin more en vir die volgende paar dae, al is ek nie hier nie sal daar gedigte en brokkies hier verskyn geskeduleer vir die volgende 7 dae. Daar sal ook artikels van my verskyn op my werk AnimeFanatika se webwerf so al is ek nie hier nie, sal ek hier wees. haha

Kyk veral uit vir die 7de se artikel. Julle sal verstaan hoekom 😉 Ek is seker ek en Hanneliese sal weer baie fotos en stories hê om met julle te deel (Onthou julle laasjaar se Digpelgrimstog artikels) en miskien as ek wifi iewers raak loop sal ek julle met ‘n foto of ‘n storie kan verras terwyl ons op ons avontuur is.

Hier is my werk se webwerf waar ek onder die pen naam ookami skryf as julle nuuskierig is oor my werk.

http://animefanatika.co.za/

Julle moet ‘n heerlike week hê en blessings vir almal.

Wolf groete

Wolfie

Advertisements