‘Like as the waves make towards the pebbled shore,
So do our minutes hasten to their end… ‘
~ William Shakespeare

Daar was dalk ‘n groot knal
Ek was nie daar toe

Die wêreld geskep is nie
Maar mens het ontstaan
En hy wou ‘n god word
Skape is gekloon
En nou die mens

Skeppingsmoord as Moeder Natuur
Op geurineer word
Iets so mooi, so teer
Soos natuurlike geboorte
Bespot word
In proefbuise hermaak word
In groteske namaaksel
Van Goddelike hande

En op die agste dag
Het mens gedink
‘Ek word ‘n god’
En dit was nie goed nie

(C) 2013 allen simpson

Die prentjie op google gevind.
Hier is die artikel wat my gedig geinspireer het:

http://www.dailymail.co.uk/news/article-43767/Worlds-GM-babies-born.html