“Love is poison. A sweet poison, yes, but it will kill you all the same.” Cercei Lannister

Jy wat met jou koue hart
Bitter woorde spoeg
Ek bou vir jou ‘n igloo
Sodat die hitte wat nog iewers
‘N vonkie in jou is
In jou kan gloei
En jou verwarm
Jy is so arm
Vasgevang in die rykdom
Van smart

Die lewe is meer as ‘n ystydperk
Ontdooi of sterf
Alleen

(C) 2013 allen simpson

Geinspireer deur Cersei Lannister van Game of Thrones. Ja, selfs die aaklige vrou kan ‘n digter inspireer

Advertisements