die stilte suis soos oomblikke
in die amper bleek uur
wanneer die son sy finale adieu gee

‘n nagvoël roep
en breek die stilte
soos ‘n mes deur botter

Die bosveld lug proe-proe
aan mens se vel, mens se wese
en neem my in
soos ek dit in-neem

Salig, dit is die taal van stilte

(c) 2016 allen simpson

Dit is die eerste gedig wat ek geskryf het op my en Hanneliese se vakansie by Kaya Inkuni. Kyk uit vir fotos en stories binnekort

Advertisements