Kaya Inkuni se kroeg
Kaya Inkuni se kroeg

Op die toweragtige jagplaas Kaya Inkuni het ons op die pragtige kroeg afgekom by die swembad.

Die wolf speel kroegman
Die wolf speel kroegman

Ek het gesit en gepeins oor idees vir drankies. Laas jaar toe ek en Hanneliese op Kaapsehoop was het on die lekkerste Glühwein gedrink. Dus, voor ek en Hanneliese met vakansie gegaan het, het ek op my Facebook my vriende gevra om met my hulle Glühwein resepte te deel. Ons wou graag probeer om ons eie te maak. My goeie vriend Martin Geisberger se resep was die naaste aan wat ons wou doen. Terwyl ek gesit en peins het het ek my resep uitgedink. Hier net vir julle is my Wolfie se Glühwein resep:

Wolfie se Glühwein
Wolfie se Glühwein

Wolfie se Glühwein resep:

4 Heel Naeltjies
1 Lemoen
700 ml Rooi wyn
150 ml Muskadel wyn
2 Kaneel Stokkies
2 Ster anys
100 g bruin suiker
‘n knippie neutmuskaat
Heuning (‘n Bietjie vir liefde)

Sit alles behalwe lemoen en Muskadel in pot. Verwarm stadig – moet nie kook nie anders ontsnap die alkohol (en die drankie is juis lekker met alkohol in). Roer gedurig sodat die suiker kan smelt. Sny die lemoen en meng dit in die brousel in, rasper ook van die lemoen se skil en gooi by. Gooi Muskadel by en skakel stoof af. Laat dit rus vir 10 minute. As jy dapper is skep dit op in ‘n glas (met speserye en al) anders kan jy dit deur ‘n sif gooi sodat die speserye en lemoen nie ook in jou glas beland nie.

Indien moontlik eet’n happie donker sjokolade saam vir ‘n verassende smaak in jou mond.

Kom kuier gerus volgende keer, ons het nog ‘n doofhof om julle te wys asook die storie van hoe ‘n leeu my gelek het!!!!

(c) 2016 allen simpson

Fotografie: Hanneliese Bredell

Foto ontwerp: Wolfie