Hanneliese deel haar weergawe van hoe lekker ons vakansie was by Kaya Inkuni. Ek moet se ek mis die plek al klaar

Hanneliesebredell07's Blog

Om een te wees met Moeder Natuur, Haar stemme te ervaar en jou oor te gee aan die rustigheid wat Sy skep, is Kaya Inkuni die perfekte keuse. Wolfie en ek het ons verblyf hier so baie geniet, want ons kon net ontspan en vergeet van ons daaglikse roetine en pligte wat ons lewens so rigied maak.

image

Peet en Laetitia Oosthuizen, eienaars van die wildsplaas het ons op ons gemak en tuis laat voel. Hulle is voorwaar daarop ingestel om die natuur en hul gaste te omhels met spontane persoonlike, hartlike en vriendelike sorg. Hul belangstelling in hul gaste se gemak is opmerklik.

image

Ons het ons verlustig in die verskillende geluide van 300 voël spesies. Daar woon verskeie boksoorte op die plaas onder andere Blou Wildebeeste, Koedoes, Rooi Hartbeeste, Steenbokkies, Duikers, Blesbokke, Zebras  en ook Vlakvarke. Snags kon ons Jakkalse hoor roep.

image

Die woonplekke is smaakvol en gerieflik ingerig met…

View original post 293 more words

Advertisements