Net gister het ek met julle gedeel oor hoe ‘n tier my gelek het. (Lees hier: http://bit.ly/Wanneer-n-tier-die-wolf-lek). Vandag wys ek vir julle hoe ‘n leeu my gelek het.

'n Leeu en 'n Tier
‘n Leeu en ‘n Tier

Eers wil ek julle van DIE Leeu en tier vertel. Ons gidse het ons na die hok gebring en ons die leeu en ier gewys. Hulle is beide onder ‘n jaar oud en is saam gesit in ‘n soort van ‘kleuterskool-hok.’. Die twee is dik vriende en dit was so oulik om die twee kat spesies saam te sien speel, twee kat spesies van twee veskillende kontinente! Wanneer hulle oud genoeg is gaan die leeu na ‘n leeu hok en die tier na ‘n tier hok.

Die Leeu en die ‘french kiss’

'n Leeu soen ons gids
‘n Leeu soen ons gids

Ons gids het ons na ‘n familie leeus gevat en een het nader gekom en ons gids begin… soen. Ons gidshet weg gedraai en ons begin vertel van die leeu en ingedagte weer terug gedraai toe die leeu in die middel van die man se gesels sy leeutong in die arme man se mond gedruk het. hiehiehie. Die uitdrukking op die man se gesig was prysloos, iiets tussen naar en verbasing. “Ugh, nou proe my mond soos hoender.” het ons gids gebrom en ons almal genooi om ons hande teen die draad te druk vir die leeu.

Leeu ruik die wolf uit
Leeu ruik die wolf uit

Die leeu het die mooiste goud-groen ogies gehad. Ek het my hand na die leeu uitgesteek en dit het my uit geruik en toe begin lek. My hart het weer teen ‘n-vrag-red-bulls geklop maar die leeu was saggies en teer. Die ondervinding het my laatterugdink aan ‘n toneel uit The Lion King van Walt Disney:

Mufasa:
Everything you see exists together in a delicate balance. As king, you need to understand that balance and respect all the creatures, from the crawling ant to the leaping antelope.

Young Simba:
But dad, don’t we eat the antelope?

Mufasa:
Yes, Simba, but let me explain. When we die, our bodies become the grass, and the antelope eat the grass. And so we are all connnected in the great Circle of Life.

The Lion King

Daar is nog baie om te vertel oor die diere by Predator’s Rock. Bly ingeskale of wolfshadowwhispers vir nog meer.

Wolf Groetins!