Ons is nog nie klaar met die murasie wat ek gister met julle gedeel het nie. Die atmosfeer by daardie huis was ongelooflik. Daar was ‘n donker misterieuse stilte en ‘n ‘onderlaag’ skrikkerigheid en toe vind ek en Hanneliese iets wat ons hoendervleis gegee het….

Hier is die venster
Hier is die venster

Die Venster. Dit was ‘n gewone venster by ‘n gewone vervalle murasie MAAR, maar daar was ‘n koëelgat in die venster… hoekom? wat het daar gebeur… wat is die storie? Niemand weet nie, maar ons het ‘n paar fotos daar geneem, want daar was ‘n atmosfeer daar. Ek deel die fotos hier met ‘n paar aanhalings van die skrywer Neil Gaiman vir atmosfeer. As julle nie Neil Gaiman ken nie, hy het Coraline, waarvan ‘n fliek gemaak is, Stardust, waarvan ook ‘n fliek gemaak is en die die Sandman en Dreaming comics geskryf.

Through a window, darkly
Through a window, darkly

“Stories are in one way or another mirrors. We use them to explain to ourselves how the world works or how it doesn’t work. Like mirrors stories prepare us for the day to come. They distract us from the things in darkness.”
Neil Gaiman, Smoke and Mirrors: Short Fiction and Illusions

Window of Fear
Window of Fear

“People believe, thought Shadow. It’s what people do. They believe, and then they do not take responsibility for their beliefs; they conjure things, and do not trust the conjuration. People populate the darkness; with ghosts, with gods, with electrons, with tales. People imagine, and people believe; and it is that rock solid belief, that makes things happen.”
Neil Gaiman, American Gods

Mirror of Pale Ghost Faces
Mirror of Pale Ghost Faces

“The house smelled musty and damp, and a little sweet, as if it were haunted by the ghosts of long-dead cookies.”
Neil Gaiman, American Gods

“Everybody has a secret world inside of them. I mean everybody. All of the people in the whole world, I mean everybody — no matter how dull and boring they are on the outside. Inside them they’ve all got unimaginable, magnificent, wonderful, stupid, amazing worlds… Not just one world. Hundreds of them. Thousands, maybe.”
Neil Gaiman, The Sandman, Vol. 5: A Game of You

Dankie vir die kuier by die makaber murasie saam met my. Ek hoop dit spook nie by julle nie, en ek hoop die spoke van daardie plek kry rus. EN vir watter rede daar ‘n koëelgat by daardie venster was, ek hoop niemand het seer gekry nie, en as hulle het, dat hulle weer heel is, in gees en vlees.

Murasies is soos mense, daar is mooi en lelik, seer maar ook helende eienskappe. Dit verdien om gesien en gehoor te word soos elkeen van ons. Ons moet onsself oopmaak tot ervaringe, sodat ons kan groei.

Groetnis

Wolfie

(c) 2016 allen simpson

Fotos deur Hanneliese Bredell en Allen Simpson

Foto ontwerp: Allen Simpson