Hoe sê mens totsiens… Totsiens is soms koebaai en soms ‘n ewige vaarwel. Ek onthou hoe ek en jy en Hanneliese by die lapa buite jou kombuis gesit het en gesels het oor kuns, Godsdiens, oor die voëltjies wat in jou tuin kom eet, die luislang wat jy gered het of die padda was in jou kombuis kom nesmaak het. Ek onthou hoe jy enige iets onder die son oor kon praat, die stories van jou dae as kunsstudent, die trou van jou en jou man, hoe jy gestraal het as jy van jou pragtige kinders gepraat het.

Ek onthou hoe ons net gekliek het as pelle, ek jy en Hanneliese, die kunstenaars wat mekaar verstaan het in ‘n wêreld wat soms dink ons is so diep, wat soms verdrink in ons liefde vir filosofie, kuns en geloof. Hoe sê mens totsiens, kleurdanser?

Saterdag het ek gehoor jy het gesterf, ek ek voel net nie lus om totsiens te sê nie. So al wat ek sê is…

‘Ek sien uit daarna om jou weer eendag te sien.’

Vriende soos ons sterf nie regtig nie, daar is planne deur Heilige Hande wat ewig is. So is ons vriendkap. Tot daardie eendag, vriendin.

(c) 2016 allen simpson

vir Ilouise… kleurdanser, sien jou eendag weer

Foto deur Hanneliese Bredell

Foto Ontwerp deur Allen Simpson

Advertisements