Ek was skaars. My werk het ‘n funksie gehad en verlede week moes daar baie organisering plaas vind. So het ek in die tyd tussen-in af gekom op ‘n paar kort gedigte vol van tyd en ruimte, en gedagtes wat smelt… Twee gedigte het al voorheen hier verskyn, ek weet, maar dit pas by my idee 😉

Smelt saam met my, en geniet die mini-gedig omnibus

'n wolf wat wil smelt?
‘n wolf wat wil smelt?

Smelt

gedagtes wemel soos erdwurms in die modder van my denke
laatnag gesit en stories weef tot uitputting my laat omval het
nou smelt ek deur die dag
en wens ek was in my bed
Waar ek kan verdwyn
tussen drome

(C) 2013 allen simpson

Wolf, wolf, hoe laat is dit?

Tikke-tik-tik

tikke-tik-tik
Stadig strompel jy sekuur
as ek stadig dophou
sekonde, minuut na uur
en wag vir jou om oor te loop
sekonde-wyser aan jou het ek ‘n kleinjie dood
as jy so stadig tikke-tik-tik
wil ek my moerbye vir erg pluk
maar nou ja tyd is ‘n mislike ding
te veel daarvan maar tog so min
tikke-tik-tik in jou hel in!

(c) 2013 allen simpson

'n maan, vol
‘n maan, vol

Sateliet

sirkelend soos ysteraasvoëls
om en om wentel hulle
sommige stukkend en net skraapmetaal
wat hulle skyn verloor het en
iewers is daar een gehawend geslaan deur meteoriet en ruimtestof
hy sein stadig sy boodskap in die ewige alleen van die ruimte oseean

“Hoor jy my?”

(C) 2013 allen simpson

'n son bloei
‘n son bloei

Son en Maan Liefde

Kalwer Liefde tussen Son en Maan
Maan wat wimper swaai tot sy volmaan blom
Son wat so soekkend met warmstrale grom
Soms kuier Maan haastig in die dag maar
nooit kan hulle aanraak en kus

Son se liefde kan net Maan uitwis

(c) 2013 allen simpson

Alle fotos geneem deur Allen Simpson en Hanneliese Bredell

Advertisements