20160703_131004

Siels uitgeput omdat ek,
soveel dolke uit jou rug moes trek
Jy wat net vol liefde is
is spys en drank met glastukke opgedis

Soos met konsentrasie kampe in hitler se tyd
toe jode armbande moes dra
het gifsaaiers jou gebrandmerk
‘duiwelskind’ net omdat jy
genesing wou bid op ‘n anderste manier

vir jou skenk ek die hemel
as niemand anders wil nie
jy is vir my siel, helderste lig

(c) 2013 allen simpson

Foto geneem te Swartruggens, die foto is die inspirasie maar het niks met die gedig te doen nie