Verskoon my taal maar ek is moerig en dit is hoekom ek skaars was. Ek was nie moerig oor my vriendin gesterf het nie Lees Hier), ek is moerig oor wat laas naweek gebeur het. My sussie is om gery deur ‘n vent terwyl sy oor die robot geloop het. Dit was groen vir haar. Sy het albei haar bene gebreek sowel as ‘n paar ribbes. Sy het my gebel vanuit die hospitaal en ek kon hoor in hoeveel pyn sy was. Dat sy nog lewe en nie erger seer gekry het nie, is ‘n wonderwerk.

Die vent wat haar omgery het is gevang en klagtes is gemaak. Ek hoop sy vet word gebraai. Die maaifoedie. Sodra ek kalmeer kom kuier ek by julle almal.

Groetnis…