in sweetnat drome speel Morpheus sy opus
waar spieëlgedaantes van my
antropomorfies dans
die opus speel op ‘n verlate strand
en ‘n donker see spoeg momento moris van gister
tergend voor my neer
terwyl die beenderebleek maan lag
en die spieëlgedaantes koggel my:
“waar gaan jou skatte heen
dink jy papier kan ‘n gewete koop?”
my oë brand soos vuur en die uurglas
verlep soos ‘n Dalí
dan word ek wakker

hoeveel het ek vertrap vir my weelde?

(C) 2013 allen simpson

Prentjie verkry van muurpapier webwerf af

Advertisements