die lewe is maar net ‘n eggo
mense wat jy verwerp
sal nog steeds eggos maak
want elke siel is ‘n berg
en staan op dieselfde grond

die lewe is maar net ‘n eggo
vreemdelinge wat jy vloek
sal nogsteeds ‘n eggo los
want die siel is ‘n spieël
wat nooit beelde verloor
en gewete speel dit oor en oor

ek kniel my neer voor my altaar
en vra net leer my
om my eggos mooi te hou
en my in liefde te lei…

eendag as my eggos weergalm
as ek voor my God staan
wil ek nie hê ek moet my skaam
ek wil in vrede Huistoe gaan…

(c) 2013 allen simpson

Foto die alleen kopiereg eiendom van Allen SImpson en Hanneliese Bredell