Mens is veronderstel om te ontspan op Saterdae. DIt ‘n skater(lag)dag maak maar soms is mens net satter op ‘n Saterdag. Gelukkig is daar soms tyd om te ontspan en ek-tyd te hê en ek het besluit om my Saterdae anders te maak. Dit regtig te geniet. Daarom het ek besluit om uit die boks te klim en hom te verbrand. jy weet ons mense dink min uit die boks want ons is piepie bang dat iets nuuts dalk lekker sal wees en ons wil eerder vervelige mense bly.

DIt het so begin. ‘n Vriendin, kom ons noem haar Karien het my onlangs gebel en een Saterdag kom kuier om Anime (Japanese Animasie) uit te ruil. Ons het vir jare nie kontak gehad nie want sy het gaan skool gee in Korea en Karien het terug gekom na amper agt jaar, want Suid-Afrika is mos huis en almal wat se hart by die huis lê kom altyd huis toe. EK en sy het lekker gesels terwyl ons anime geruil het en toe begin sy my vertel oor ‘n paar interessante Koreaanse TV Reekse. Toe begin die Korea Gogga my byt. So nou, elke Saterdag (vir nou) kyk ek ‘n paar episodes van ‘n Koreaanse TV reeks (met Engelse byskrifte want ek kan dalk Japanees ‘n bietjie praat maar Koreaans kan ek nie praat nie).

Nou wil ek julle vertel van die reeks wat ek huidiglik kyk en mense dit is oulik. Die Reeks se naam is ‘You Who Came From The Stars’. Die reeks gaan oor ‘n ruimtewese (alien vir mense wat nie weet wat dit in Afrikaans beteken nie) wat 400 jaar gelede gestrand geraak het op die aarde. Die man, Do Min-Joon (fantasties gespeel deur die akteur Kim Soo-huyn) het vir 4 eeue maar op die planeet gebly en elke 10 jaar getrek na ‘n ander plek want hy word nie oud nie en mense sal mos vrae vra as die ou nie plooie kry nie, soos hoekom sy Revlon produkte beter werk as hulle sin. In elk geval na 4 eeue ontmoet hy eendag per ongeluk die pragtige aktrikse Cheon Song-yi (gespeel deur die verruklike Jun Ji-huyn) en hulle beide se lewens verander. Daar is meer oor die plot maar ek is nou nie lus om ‘n boek te skryf nie. Maar ek sal julle vertel, die storie is skreeu-snaaks, romanties en vrek oulik. Ek is so bly ek het besluit om iets nuuts uit te probeer. Nuuskierg? Hier is die reeks se advertensie video:

O ja, ek wil twee dinge by my lesers weet.
(1) Wanneer laas het jy jouself bederf deur iets anders en nuuts uit te probeer?
(2) Met watse TV reeks ontspan jy op ‘n Saterdag of met watse boek?

Lekker naweek!

Advertisements