Vanoggend het ek my wekker gewen, en dit is deesdae moeilik. Op my oudag, (43) sukkel ek in die aande om aan die slaap te raak, dus sukkel ek om wakker te word. Dis die vloek van die middeljarige (en as eniges van julle sê ek is nog bloed jonk sê dit vir my linkerbeen met geskenke van pynpille sodat hy weer ‘jonk’ kan voel).

In elk geval, as ek voor my wekker wakker word lê ek nog lui soos ‘n lord in my bed en soms veral ek in ‘n half-slaap droom. Jy weet jy word aan die slaap maar is wakker en jy droom en dan onthou jy die droom as jy werklik opstaan, weet nie of julle die gevoel ken waarvan ek praat nie.

Die eienaardige ding is dit was een van daardie drome. Een van die waarin ek nie ‘n karakter is nie. My droom was freaky. Ek het gedroom van ‘n man en vrou wat onsterflik (‘immortal’ vir die wat hulle Afrikaans verwaarloos) is. Die man en die vrou het mekaar na eeue begin soek en soms het my droom die man en soms het my droom die vrou gewys. DIe man het die vrou in Tuscany gaan soek in 1902 (my droom het in subtitels die datum gewys!) en haar nie gekry nie, net ‘n brief in Viking skrif (runes) uitgekerf of ‘n klip dat sy daar was. Die vrou het in 1905 hom amper gekry in haar soektog toe sy in Frankryk by ‘n brood winkel ‘n brood gaan koop het en sonder dat hulle weet het hy ‘n skildery geskilder by ‘n koffie huis om die hoek, in my droom was dit dat hulle soms onder mekaar se neuse was maar mekaar nie gevind het nie en datums het verby gevlieg. Die laaste datum van my droom was 1999 Oujaarsaand waar hulle mekaar gevind het in ‘n ‘teeroom’ rolprent teater in Hillbrow, Johannesburg. Hulle het albei dieselfde fliek gaan kyk. Hulle het in ‘n tydlose oomblik na mekaar gestaar, hulle hande het na mekaar uitgereik en toe hulle mekaar aanraak het hulle vernader in swerms blou vlinders wat verdwyn het in die lug.

Drome is snaaks en nie altyd beteken hule iets nie. Soms is ‘n droom net ‘n fliek… van iewers af, dalk uit die psige van ‘n mal digter se verbeelding. Soos wanneer die wolf droom.

(c) 2016 allen wolfie simpson

ns ek weet die foto is al gebruik maar dit pas lekker in by my skrywe