wind is jy
wat waai in elke hoek van my wese
wind is jy
wat sing, en manifesteer in ele keuse

jy is ‘n treurwind
wat sing hoog in die pieke van die berg,
alleen
of ‘n jubelwind wat baljaar oor die see
heen
jy is die snyende kouewind in diepwinter sal jy sing
jy is die verfrissende wind wat liggies reen bring

jy is my wind
wat my kantel-waai
my rolbos maak
wat saad in my hart saai

wind is jy, vir ewig, vir my

(c) 2013 allen simpson

Advertisements