grof geskuur deur sandpapier
sekuur deur die lewe versuur
stap hy sleepvoet soos ‘n melaatse

stofwalmklanke songebrandestanke
omring hom soos parfuum,
hy stik en buk, wil amper bid

maar sy skuld hang soos die goue kalf
sy siel soek soos besete ‘n salf
‘n geroesde sprokie van wat hy was

sy oog van sy gesig in glas
hy onthou duisend bottels vergifnis
elke aand gedrink tot disnis

eendag was daar…
eendag was…
nou net newels van onthou, berou

(c)2013 allen simpson
geinspireer deur die fliek, Redemption (die een met Jason Stratham in)

Advertisements