Liewe Lente

ek skryf vir jou ‘n brief
en sê welkom terug, my lief
Verjeugd is ek dat Demeter jou loslaat
om my land weer op te tower
met jou reenboog palet

my hart wag vir jou Jakaranda kleed
Pretoria staan nakend kaal
om haar nuwe lenterok aan te pas
wat jy met liefde kweek

My lief, my hart
welkom terug…

(c) 2013 allen simpson

Foto ontwerp deur Allen Simpson, Giepie Breedt en Stefanie Breedt

Advertisements