Ons Vir JOU!
Ons Vir JOU!

‘n huis

vlekke van gisters en spuitkan grafitti
vertel die verhaal
wat al vergete rond dwaal
dit was ‘n huis
vol lewe en sterwe
vol verlange en hoop
die president was nou vergete
net sy leeg-oog blik
op ‘n plein van verdwaalde wense….

(c) 2013 allen simpson
nota: die gedig is geinspireer deur die Kruger Huis in Kerk Straat in Pretoria. Ek het daar naby gebly en eendag die muur agter die Kruger huis bekyk met al sy graffiti en merke op… dit was hartseer…. my gedig dra ek op aan Oud-President Paul Kruger, in repek en dankbaarheid…

Die foto is geneem by die Voortrekker Monument en is die kopiereg eiendom van Allen SImpson en Hanneliese Bredell

Soms is ons die maal
Soms is ons die maal

Die maaltyd

die spinnekop dek die mooiste maal
op ‘n ragfyn satyn tafel
en lok die vlinder
‘Kom, kom’
ek deel my siel met jou’
vlinder hoor en spinnekop klink so mooi

soms is ons vlinders
en soms net soms
die maal

(c) 2013 allen simpson

Die foto is die kopiereg eiendom van Allen Simpson en Theo Breedt

Aspatat

Dis warm as en rook, my lief
die ek en jy is nou so stief
sal daar nie meer ‘n vlam wil brand
waar onthou net in vuilishope krioel
sonder vreugde, sonder doel

jy was my beste wens
maar jy het weggewaai
soos as in ‘n woestyn wind….
vaarwel my aspatat

(c) 2013 allen simpson

 

 Foto die allen eiendom van Hanneliese Bredell en Allen SImpson
Advertisements