siembamba
(ek het ‘n kleintjie dood)
van die wal af in die sloot
my mense is verstoot
(ek het ‘n kleintjie dood)
aan ongemaklike stiltes
almal te bang om te sê:
‘die koëel is deur die kerk’
my volk
(swart, wit, bruin, geel)
sit sonder werk

die gras is nie groener anderkant die draad nie
geld wat stom is kan nie praat nie
(ek het ‘n kleintjie dood)
ons almal leef van doringdraad op brood

(C) 2013 allen simpson

Foto die kopiereg eiendom van Hanneliese Bredell en Allen Simpson

Advertisements