Reputasie…

Wat ‘n snaakse misvormde woord wat so misverstaan word. Wat is reputasie as mense deur jou kan sien, as jy mense probeer heuning voer deur woorde te gebruik om ‘openminded’ te klink. Het ‘n mens die reputasie wat jy dink jy het as mense deur jou woorde kan sien?

Dis gedagtes wat deur my kop maal as ek soms mense sien skryf op Facebook. Mense wat dink hulle het status omdat hulle dink hulle gebruik die regte woorde om ‘in’ te wees, of omdat hulle dink hulle word aanbid.

Van die mense het al tot ‘n val gekom en is openlik en publiek in die rug gesteek maar hulle leer nie en doen die selfde rook en spiëel trieks. (rook en spiëel trieks verwys na die term ‘smoke and mirrors, ‘n term wat verwys na kulkunstenaars, of Engels – stage magicians – wat hulle toertjies van illusie met rook en spiëels doen).

En die ergte is dat ek die mense jammer kry. Daar is iets alleen in hulle. Daar is ‘n holte in hulle wat hulle probeer vul. ‘n Gat groter as die myn gat in Cullinan wat dalk veroorsaak is deur verwerping, skuldgevoellens, selfhaat. Ek wens soms ek kan die mense net ‘n drukkie gee en vir hulle sê dat jy nie trieks nodig het nie, dat as jy net jouself is sal die regte mense jou waardeer en aanvaar. Maar nou ja, reputasie is ‘n duiwel.

Ons almal is slawe van reputasie. Ons almal is die narre met die maskers wat die trane weg steek. En glo my as mens in ‘Die Nyl’ (denial) is lieg jy net vir jouself… want nie een mens sit sonder ‘n masker nie. Mens moet probeer om ‘uit die Nyl’ te klim. Mens moet in die spiëel kyk en sê: ‘Vandag haal ek my masker wat ek dra as ek alleen is af, ek wil my gesig sien. Ek wil my hart sien. Ek wil my reputasie met myself verbeter.’

Dalk as mens met jouself eerlik is kan jy jouself verander. Soos ‘n wyse spreekwoord sê:’If you want to change the world, change yourself first.’

Die artikel is geinspireer deur ‘n paar mense wat ek ken op Facebook. Ek dink nie hulle weet wie hulle is wat my geinspireer het nie. Soos ek sê, ek wens ek kan hulle ‘n drukkie gee, en wys dit okei om jouself te wees. Dalk lees jy nou hier en jy wonder of ek van jou praat… Miskien is dit jy…. as dit jy is, jy verdien ‘n drukkie. Jy verdien om te hoor jy is spesiaal. Jy verdien om te weet jy mag jouself wees, dat daar iets mooi in jou is, dat mense verdien om jou te respekteer omdat jy uniek is. My woorde is my drukkie vir jou.

(c) 2016 allen simpson

Prentjie gekry op ‘n selfhelp muurpapier blad

 

Advertisements