jou asem lê onsigbare spore op my vel
hoendervleis wys ek is onder jou spel
sagte woorde murmer soos ‘n waterval
jou soet beloftes maak my mal

ek vryf jou stadig teen my wang
dis so warm vandag, hoor die sonbesie se sang
ek voel hoe jy, die hitte in my, verkoel
en as ek jou hap, o roomys
dan is dit die lafenis wat oor my spoel

koel my, koel my af

roomys, jy is ‘n wonderlike ding
jy verkoel my en die lekkerte wat jy bring
gaan so soet so soet in my keel af
ek soek so graag nog
maar die winkel is ver
binnekort is dit net ek en die
stil sang van die sonbesie se gebler…

roomys, jy is so ver

(c) 2013 allen simpson

 

Advertisements