Lone Creek Falls 2015
Lone Creek Falls 2015

folter-siel
huil so sag
en iewers is daar engele wat wil hê die siel moet lag
saggies sing die wind in bariton
en hoop dat saadjies saai want die wind het hoop gebring

duister-siel
hoor hoe draai die wiel
tyd loop aan soos ‘n waterval en stroom oor rotse heen
saggies ween die wind sy bariton
en hoop dat die gelukskip kom want die seer…
…is so seer

stap vir stap
elke dag pleister die volgende
en iewerste wag engele
uur na uur beloftes van beter word
maak tog reg wat skort…

sirkels van die siel
om en om
tot foltering wyse silwer los
in die donkerbruin hare dos
en duister-siel bring lig
om ander se seer weg te dig

en die engele leer lag…

dit is die ou ou verhaal
ons almal was al daar

en leer om met engele saam te lag…

(c) 2013 allen simpson

Swartruggens 2016
Swartruggens 2016

 

Ek het die ou gedig ontdek en die twee fotos het in my kop opgekom.