jare kom en gaan en glip verby
die eb en vloei van tyd
herinner my

daar was ‘n tyd, toe ons kinders was
ek kyk soos ‘n kind deur gekleurde glas
en die trane loop oor my
verlange in die wind

onthou julle die tafels toe krismis krismis was
toe lag spontaan uit kinder harte
nie so moeilik was
die drive-in gister-pieknieks
die mynhope se sand
die aande onder sterrehemels
op die huis se stoep
en die tarentaal se roep

ons was kinders
toe kinders kinders was
nou net memories
gesien agter portrette glas

die liefde is nog daar
maar die verlange is so swaar
onthou julle toe ons nog kinders was…

(c) 2013 allen simpson

In die foto van links na regs ek, my broers en sussie: Henry, ek, Johan, Gerrie en Stinie
In herdenking aan ons ma wat vandag 19 September sou verjaar

Advertisements