bring vir my vlaktes en bring vir my see
waar eindelose spasies rus kan gee
gee vir my die lied van die wind
daar in haar spore sal jy my vind

soeke na stede en klatergoud
daar is net geraas
en almal is paniekbenoud
en kokkerot is baas

maar in spasies kan jy blom
takke uitreik na die lug
voëls rus gee na lang vlug
en die wind groet wanneer sy kom

om te boom is maar ek
my wortels op vrugbare grond
suisend my takke in die wind
haar lief het ek, sy vir my

in roet en suurreën gaan ek saggies heen
in die stad hoes my wind, siek besoedel vrot
ek droom om vry te wees met die wind
voor ek tussen kardampe verdwyn en verrot

(c)2013 allen simpson

Advertisements