Nostalgie pak my beet vandag. Sommige mense sal nie verstaan hoe lekker dit was om in die middstad in ‘n arm buurt te bly nie. Daar het ek die lewe leer ken, van die ryk tannie wat ‘n skelm verhouding met haar ryk Chinese baas gehad het tot die meisie was altyd gegom was en soms by jou geld geleen het vir kos. (Laat ek die gom meisie verduidelik: nooit vir gom geld geleen nie, en altyd die geld vir jou terug gegee het. En ja, ek het haar probeer wys ek het nie van haar lewens keuses gehou nie. En sy het altyd gevra ek moet saamstap sy wil wys sy koop kos. En ja sy het altyd die geld terug gegee vir my, al het ek geweier. Ek het haar nooit geoordeel nie. My geloofsoortuiging het my geleer om nooit iemand te oordeel nie, al stem ek nie saam met hulle lewens keuses nie.)

Arm buurte het my lewenslesse geleer. Soos dat daardie The Doors liedjie, People are strange, so waar is want ‘ek was vir ‘n klomp ‘strange people’ strange. Daar was die hermafrodiet wat altyd op die trappe gesit en rook het en vir my gesê het:“Jy weet, jy trek altyd swart aan, vlermuis, maar toemaar ek is ‘n man en vrou, ons almal het IETS, en dis okay om so te wees.” (Hy/sy het my vlermuis genoem). Dan was daar ‘n boemelaar wat soms soos ‘n spook kom rond dwaal het waar ek bly en ek is seker sommige van julle wat al in Pretoria middestad was het hom gesien. Die man het ‘n pers kleed gedra soos ‘n druid of towenaar uit Lord of The Rings en sy lang hare was klip hard gemaak en het soos ‘n kwikstertjie stert agter sy kop gestaan. Wat de hel die weird oom was weet ek nie, en ek het ook nie gevra nie.

Ek is weird. En het vir oor die 20 jaar gebly tussen weird mense. Nou bly ek in ‘n buurt wat meeste middestedelinge sal dink is ‘n ryk mansbuurt. Almal hier dra duur klere, ry ongemaklikke karre wat meer kos as wat baie mense ooit in hulle lewe sal verdien en ek voel nostalgies… alles hier, behalwe ek (en ek bedoel ek want almal kyk my weird uit), almal hier is normaal en ek mis die arm mense wat weirder as ek was wat my ook snaaks aangekyk het…

(c) 2016 allen simpson

Name is weggelaat om mense se identiteite te beskerm

Foto is ‘n selfie wat ek by Fort Klapperkop geneem het.

Advertisements